Family Link-privaatheidgids vir kinders en tieners
Kies jou ouderdom
Ouderdomme 6-8
Ouderdomme 9-12
Ouderdomme 13-17
Wil jy meer weet oor jou privaatheid op Google?
Jy is by die regte plek! Lees die vrae wat die meeste deur kinders gevra word, soos hoe jou ouer met jou Google-goed kan help, watter inligting Google gebruik, en meer.
Ouers, hierdie inligting is slegs van toepassing op Google-rekeninge wat met Family Link bestuur word, vir kinders jonger as 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land). Vir meer inligting kan jy gerus gaan kyk na ons privaatheidkennisgewing en privaatheidsbeleid.

Wie is in beheer van my rekening?
Jou ouer is in beheer van jou Google-rekening. Hulle kan 'n program genaamd Family Link gebruik om dit te help bestuur. Jy kan beheer neem oor jou rekening wanneer jy ouer is.
Jou ouer kan dinge doen soos:
Jou ouer kan dinge doen soos:
- By jou rekening aanmeld, jou rekeningwagwoord verander, of jou rekening uitvee.
- Jou foon of tablet sluit.
- Sien waar jou foon of tablet is.
- Kies watter programme jy kan gebruik.
- Sien vir hoe lank jy jou programme gebruik.
- Die dinge verander wat jy in sommige Google-programme sien soos in Google Search, YouTube, of Google Play.
- Jou aktiwiteitkontroles kies. (Dit is instellings wat inligting stoor oor wat jy met Google doen.)
- Instellings en toestemmings vir jou programme kies.
- Die naam, geboortedatum en ander inligting vir jou rekening kies.
- Kies wat jy kan aflaai of koop in sommige Google-produkte soos Google Play.
Hoe en waarom gebruik Google my inligting?
Ons kan inligting wat jy of jou ouer vir ons gee, stoor, soos jou naam en geboortedatum. Ons stoor ook inligting wanneer jy ons programme en webwerwe gebruik. Ons werk hard om hierdie inligting veilig te hou, en ons gebruik dit vir verskillende redes – soos om Google-programme en -werwe nuttiger te maak.
Kom saam met jou ouer meer te wete oor van die maniere waarop ons jou inligting kan gebruik:
Kom saam met jou ouer meer te wete oor van die maniere waarop ons jou inligting kan gebruik:
- Om ons programme en werwe te laat werk: As jy byvoorbeeld "babahondjies" soek, gebruik ons jou inligting om vir jou dinge oor babahondjies te wys.
- Om ons programme en werwe beter te maak: As iets byvoorbeeld stukkend is, kan ons die inligting gebruik om dit reg te maak.
- Om Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm: Ons gebruik inligting om mense aanlyn veiliger te hou.
- Om nuwe programme en werwe te maak: Ons kom meer te wete oor hoe mense ons huidige programme en werwe gebruik om idees te kry vir nuwe Google-dinge wat ons kan bou.
- Om vir jou goed te wys waarvan jy dalk sal hou: As jy byvoorbeeld daarvan hou om na video's oor diere op YouTube Kids te kyk, kan ons vir jou nog wys.
- Om vir jou advertensies te wys wat gebaseer is op dinge soos die werf waarop jy is.
- Om met jou te kommunikeer: Ons kan byvoorbeeld jou e-posadres gebruik om vir jou 'n boodskap te stuur. Vra altyd eers 'n ouer voordat jy 'n boodskap oopmaak van iemand wat jy nie ken nie.
Kan ek vir Google sê wat om te stoor?
Ja, jy kan sommige van die goed wat ons oor jou stoor, verander. As jy veranderinge aan sommige van jou privaatheidinstellings maak, soos aktiwiteitkontroles, sal ons jou ouer laat weet. Hulle kan jou ook help om jou instellings te verander.
Jy en jou ouer kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.
Jy en jou ouer kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.
Wil jy meer weet oor jou privaatheid op Google?
Jy is by die regte plek! Hier kan jy uitvind hoe Google inligting insamel en gebruik wanneer jy ons programme en werwe gebruik. Jy sal ook meer te wete kom oor hoe jou ouer jou kan help om jou Google-rekening en toestelle te bestuur.
Ouers, hierdie inligting is slegs van toepassing op Google-rekeninge wat met Family Link bestuur word, vir kinders jonger as 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land). Vir meer inligting kan jy gerus gaan kyk na ons privaatheidkennisgewing en privaatheidsbeleid.
Ouers, hierdie inligting is slegs van toepassing op Google-rekeninge wat met Family Link bestuur word, vir kinders jonger as 13 (of die toepaslike ouderdom in jou land). Vir meer inligting kan jy gerus gaan kyk na ons privaatheidkennisgewing en privaatheidsbeleid.
Wie is in beheer van my rekening?
Op die oomblik is jou ouer in beheer van jou Google-rekening. Hulle kan 'n program genaamd Family Link gebruik om jou rekening te help bestuur totdat jy oud genoeg is om dit self te bestuur.
Jou ouer kan dinge doen soos:
Jou ouer kan dinge doen soos:
- By jou rekening aanmeld, jou rekeningwagwoord verander, of jou rekening uitvee.
- Limiete stel op wanneer en hoe baie jy jou toestelle, soos fone of tablette, kan gebruik.
- Sien waar jou foon of tablet is.
- Kies watter programme jy kan gebruik.
- Sien vir hoe lank jy jou programme gebruik.
- Inhoudinstellings bestuur vir sommige Google-programme en -werwe soos Google Search, YouTube, of Google Play. Hierdie instellings kan verander wat jy sien.
- Die aktiwiteitkontroles vir jou rekening bestuur, soos YouTube-geskiedenis, insluitend om jou te blokkeer om self hierdie kontroles te bestuur.
- Toestemmings nagaan vir programme op jou foon of tablet, soos of programme jou mikrofoon, kamera of kontakte kan gebruik.
- Inligting oor jou rekening sien, verander of uitvee, soos jou naam, geslag of geboortedatum.
- Jou aflaaie en aankope goedkeur in sommige Google-programme en -werwe soos Google Play.
Hoe en waarom gebruik Google my inligting?
Soos die meeste werwe en programme samel ons inligting in wat jy of ’n ouer vir ons gee, soos jou naam en geboortedatum, en ons samel inligting in terwyl jy ons programme en werwe gebruik. Ons werk hard om hierdie inligting veilig te hou, en ons gebruik dit om dinge te doen soos om ons produkte vir jou nuttiger te maak. Ons samel byvoorbeeld data in om:
- Ons programme en werwe te laat werk: As jy byvoorbeeld soek vir "sport" op Google Search, gebruik ons jou inligting om vir jou goed oor sport te wys.
- Ons programme en werwe beter te maak: As iets byvoorbeeld stukkend is, kan ons die inligting gebruik om dit reg te maak.
- Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm: Ons gebruik inligting om mense veiliger te hou, soos om bedrog te bespeur en te verhoed.
- Nuwe programme en werwe te maak: Ons kom meer te wete oor hoe mense ons huidige programme en werwe gebruik om idees te kry vir nuwe Google-produkte wat ons kan bou.
- Inligting vir jou te personaliseer, wat beteken om vir jou goed te wys waarvan ons dink jy sal hou. As jy byvoorbeeld daarvan hou om video's oor diere op YouTube Kids te kyk, kan ons nog aanbeveel wat jy kan kyk.
- Vir jou advertensies te wys wat gebaseer is op dinge soos die werf waarop jy is.
- Met jou te kommunikeer: Ons kan byvoorbeeld jou e-posadres gebruik om vir jou 'n boodskap te stuur as daar dalk 'n sekuriteitkwessie is. Vra altyd eers 'n ouer voordat jy 'n boodskap oopmaak van iemand wat jy nie ken nie.
Kan ek vir Google sê wat om te stoor?
Ja, jy kan sommige van die goed wat ons oor jou stoor, verander. Byvoorbeeld, as jy nie wil hê ons moet jou YouTube-geskiedenis na jou Google-rekening toe stoor nie, kan jy YouTube-geskiedenis afskakel. As jy veranderinge aan sommige van jou privaatheidinstellings maak, soos aktiwiteitkontroles, sal ons jou ouer laat weet. Hulle kan jou ook help om jou instellings te verander.
Jy en jou ouer kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.
Jy en jou ouer kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.
Wil jy meer weet oor jou privaatheid op Google?
Hier kan jy uitvind hoe Google inligting insamel en gebruik wanneer jy ons programme en werwe gebruik. Jy sal ook meer te wete kom oor hoe jou ouer jou kan help om jou Google-rekening en toestelle te bestuur.
Hierdie inligting is net van toepassing op Google-rekeninge wat met Family Link bestuur word, vir kinders en tieners jonger as die minimum ouderdom om hul eie rekening te bestuur. Vir meer inligting kan jy gerus gaan kyk na ons privaatheidkennisgewing en privaatheidsbeleid.

Kan my ouer help om my rekening te bestuur?
Jou ouer kan 'n program genaamd Family Link gebruik om te help om sekere aspekte van jou Google-rekening te bestuur. Na gelang van jou toestel kan hulle dinge doen soos:
- By jou rekening aanmeld, jou rekeningwagwoord verander, of jou rekening uitvee.
- Limiete stel op hoe baie jy jou toestel kan gebruik en wanneer.
- Die ligging van jou aangemelde en aktiewe toestelle sien.
- Jou programme bestuur en sien hoe baie jy hulle gebruik.
- Inhoudinstellings bestuur vir sommige Google-programme en -werwe soos Google Search, YouTube, of Google Play. Hierdie instellings kan verander wat jy sien.
- Die aktiwiteitkontroles vir jou rekening bestuur, soos YouTube-geskiedenis, insluitend om jou te blokkeer om self hierdie kontroles te bestuur.
- Toestemmings nagaan vir programme op jou toestel, soos of programme jou mikrofoon, kamera of kontakte kan gebruik.
- Inligting oor jou rekening sien, verander of uitvee, soos jou naam, geslag of geboortedatum.
- Jou aflaaie en aankope goedkeur in sommige Google-programme en -werwe soos Google Play.
Hoe en waarom samel Google my inligting in en waarvoor word dit gebruik?
Soos die meeste werwe en programme samel ons inligting in wat jy of ’n ouer vir ons gee, soos jou naam en geboortedatum, en ons samel inligting in terwyl jy ons programme en werwe gebruik. Ons werk hard om hierdie inligting veilig te hou, en ons gebruik dit om dinge te doen soos om ons produkte vir jou nuttiger te maak. Ons samel byvoorbeeld data in om:
- Google, ons gebruikers en die publiek te beskerm: Ons gebruik data om mense aanlyn veiliger te hou, soos om bedrog te bespeur en te verhoed.
- Ons dienste te verskaf: Ons gebruik data om ons dienste te verskaf, soos om jou soekterme te verwerk sodat ons resultate kan wys.
- Ons dienste in stand te hou en te verbeter: Ons kan byvoorbeeld naspoor wanneer ons produkte ophou om te werk soos hulle moet. En deur te verstaan watter soekterme mees dikwels verkeerd gespel word, help dit ons om speltoetskenmerke wat reg oor ons dienste gebruik word, te verbeter.
- Nuwe dienste te ontwikkel: Data help ons om nuwe dienste te ontwikkel. Byvoorbeeld, 'n begrip van hoe mense hul foto's in Picasa, Google se eerste foto's-program, georganiseer het, het ons gehelp om Google Foto's te ontwerp en bekend te stel.
- Inhoud te personaliseer, wat beteken dat ons vir jou goed wys wat ons dink jy van sal hou. As jy byvoorbeeld daarvan hou om sportvideo's op YouTube te kyk, kan ons vir jou nog aanbeveel om te kyk.
- Vir jou advertensies te wys volgens inligting soos die werf waarop jy is, soekterme wat jy ingevoer het, of jou stad en deelstaat.
- Werkverrigting te meet: Ons gebruik data om werkverrigting te meet en te verstaan hoe ons dienste gebruik word.
- Met jou te kommunikeer: Ons kan byvoorbeeld jou e-posadres gebruik om vir jou 'n kennisgewing te stuur as ons verdagte aktiwiteit bespeur.
Hoe kan ek besluit wat Google stoor?
Jy kan met jou instellings beperk watter data ons insamel en hoe daardie data gebruik word. Byvoorbeeld, as jy nie wil hê ons moet jou YouTube-geskiedenis na jou Google-rekening toe stoor nie, kan jy YouTube-geskiedenis afskakel. Jou ouer sal in kennis gestel word as jy veranderinge aan jou aktiwiteitkontroles maak. Kom meer te wete oor jou privaatheidinstellings
Jy kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.
Jy kan altyd van die inligting oor jou en jou Google-rekening sien en bestuur.